Anton se Begeerte by Johan Crous

Anton se Begeerte

byJohan Crous

Kobo ebook | July 31, 2015

Pricing and Purchase Info

$1.32

Prices and offers may vary in store

Available for download

Not available in stores

about

Hugo Smit, musiekonderwyser en liedjieskrywer se hele lewe stort in duie toe sy vrou en twee dogters hom wegjaag, na Melanie hom valslik beskuldig het van ontrouheid, omdat hy nie by haar wou slaap nie. Sonder sy dogters is hy dood. Hulle wil hom nie weer sien nie. Hy versin sy dood en neem 'n nuwe identiteit aan.

Linda Bekker se lewe kom wreed tot stilstand toe haar Pieter aan 'n hartaanval sterf. Sy is werkloos en moet vir klein Angela sorg. Sy ontmoet die nutsman wat liedjies skryf, Anton Beukes en sy kry weer geluk.

Sy moedig haar man aan om te sing by die skool en hy maak 'n sukses. Hy het ook haar dogtertjie aangeneem as sy eie. Maar Linda sien die hunkering in hom om weer sy dogters te sien en hulle net een keer vas te hou.

Elizna, 'n musiekliefhebber merk op 'n dag op dat iemand haar oorlede pa se musiek skryfstyl naboots. Hy gebruik dieselfde uitdrukkings. Sy begin na hierdie nabootser soek, maar kan hom nêrens opspoor nie.

Beide susters, Elizna en Jolene se geluk word onder hul uitgeruk toe hulle die nuwe treffer op die radio hoor, nog net een keer, van 'n vader wat sy dogters nog net een keer wil vashou. Hy sing van die skok in hul oë en die veragting toe hulle hom weggejaag het. Hulle besef hoe hul pa moes voel, veral omdat hulle weet hul oorlede pa is onskuldig.

Wanneer hulle een dag, na 'n lang soektog die geleentheid kry om na die realiteitsprogram van Wouter op die televisie te kyk, besef hulle Anton Beukes is hul oorlede pa, en hy leef. Hulle woon selfs sy konserte by, maar sekuriteit weerhou hulle om hom te sien en weer versoen te raak.

Hulle het egter nie met die vindingrykheid van 'n polisieman rekening gehou nie.

297 bladsye (A5 - 11 Font)

Title:Anton se BegeerteFormat:Kobo ebookPublished:July 31, 2015Publisher:Karin Publikasies

The following ISBNs are associated with this title:

ISBN:9990050972277

Look for similar items by category:

Reviews