BOETIEBOSSIE by Annico van Vuuren

BOETIEBOSSIE

byAnnico van Vuuren, Lukas van Vuuren

Kobo ebook | July 2, 2013

Pricing and Purchase Info

$3.11

Prices and offers may vary in store

Available for download

Not available in stores

about

BOETIEBOSSIE deur Annico en Lukas van Vuuren, 'n moet vir elke kinderboekrak.

Boetjan (6) en Pa en Ma moet die plaas verlaat as gevolg van die droogte. Hulle vertrek delwerye toe om genoeg blink klippies te gaan kry om terug te kan kom plaas toe. Boetjan is hartseer en om hom te troos gaan Brak en Kiets, Koelekoel en sy ses henne en Blommetjie, die koei, ook saam. Dis nou behalwe die osse wat hulle wa moet trek en Stefaans met sy kierie om Pa te help.

Die delwerys blyk toe 'n aaklige plek te wees, met toiingkinders wat spot en diewe wat delwers papslaan om die klippies wat hulle met baie sweet gekry het, by hulle te steel. Boetjan, Stefaans en Brak moet hard werk om Koelkoel-hulle, Kiets, Blommetjie en die osse veilig te hou. 

Daar is darem oom Uil wat in hul doringboompie kom sit en 'n boetebossie (Boetiebossie van Boetjan!) op die ashoop vir nuwe maatjies.

Boetjan-hulle kry maar swaar, maar dis eers toe Pa sy blink-blink klippie kry, dat gevaar ook toeslaan. Daar is ou Vuilbaard en ses groot sterk diewe, teen Pa, Stefaans en Brak - wat nog vir Ma en Boetjan en die ander diere moet beskerm ook. Maar Boetjan kry Boetiebossie om te help, en in die krisisoomblik slaan Kiets en die oom Uil ook toe.

Pa kan vir Boetjan sê, maar jy's klaar groot, my seun; met Stefaans wat byvoeg: jy's die ringkop nou.

Ouers, gee jou kind die droom om te lees of te hoor van 'n seuntjie wat in die ware lewe, waarlik 'n held kon wees!

Title:BOETIEBOSSIEFormat:Kobo ebookPublished:July 2, 2013Publisher:Annico van Vuuren

The following ISBNs are associated with this title:

ISBN:9990005778053

Reviews