Pauline Vind Geluk by Johan Crous

Pauline Vind Geluk

byJohan Crous

Kobo ebook | September 6, 2015

Pricing and Purchase Info

$2.52

Prices and offers may vary in store

Available for download

Not available in stores

about

Wessel Bruwer verbreek sy verhouding met sy liefde, Mandie, toe sy nie met hom wil trou nie en sy 'n oop verhouding wil hê. Hy verhuis terug na Suid-Afrika en werk as vlieënier by Meyer Industries in George.

Pauline Niemand Marx, die suksesvolle eiendomsagent se lewe kom tot stilstand toe haar man haar los vir 'n jong kind. Haar hart is gebreek.

Na 'n suksesvolle noodlanding, wat sy vanuit haar vriendin se kantoor aanskou het, ontmoet Pauline vir Wessel en daar is onmiddellik 'n vonk tussen die twee. Wessel slaan haar voete onder haar uit en hulle weet vroeg hulle wil mekaar hê, ongeag die ouderdomsverskil. Wessel vra haar om met hom te trou en hulle raak verloof.

Wanneer sy op film, met haar eie oë sien hoe hy 'n misdaad pleeg en 'n ander vrou bemin, soos hy haar bemin het, gee sy hom die trekpas. Sy werk ontslaan hom summier. Hy word gearresteer en vervolg vir rampokkery. By die hof word hy doodgeskiet en Pauline besef sy het hom steeds lief. Hy oorleef en word in die hof onskuldig bevind. Sy weet ook nou hy is onskuldig en sy het hom geen kans gegee om homself te verdedig nie. Na hy eers weg is ontdek sy dat sy swanger is. Sy smag met haar hele wese om weer in sy arms te kan wees.

Hy reis tussen drie kontinente in lewensgevaarlike omstandighede en moet selfs vir sy lewe veg. Hy is direk behulpsaam met die dwelmbaas, wat alles beplan het, se inhegtenisneming en bewys aan die wêreld sy onskuld.

Hy kan sy Pauline nie vergeet nie. Hy is bereid om enige iets te doen, selfs vuil spel om haar terug te kry. Haar vriendinne wil haar net so graag weer by hom sien. Hy weet daar sal nooit weer 'n ander vrou vir hom kan wees nie.

 

Title:Pauline Vind GelukFormat:Kobo ebookPublished:September 6, 2015Publisher:Karin PublikasiesLanguage:English

The following ISBNs are associated with this title:

ISBN:9990051278958

Reviews