PROESELTJIES STORIELEKKERTE 3 (Voorheen Omnibus 3): 1 WATER OOR DIE KLIPPE 2 JAKARANDABLOMMETJIE 3 GEDORIEWAAR 4 FEETJIE IN ‘N JêMBLIK by Annico van Vuuren

PROESELTJIES STORIELEKKERTE 3 (Voorheen Omnibus 3): 1 WATER OOR DIE KLIPPE 2 JAKARANDABLOMMETJIE 3…

byAnnico van Vuuren

Kobo ebook | June 18, 2016

Pricing and Purchase Info

$5.24

Prices and offers may vary in store

Available for download

Not available in stores

about

Annico van Vuuren se PROESELTJIES STORIELEKKERTE 3 is nog ‘n moetlees vir alle storieliefhebbers. Dit beslaan 260bls (meer as 60,000 woorde) teen ‘n billike prys.

Dit bestaan uit vier uiteenlopende, maar treffend en spannende verhale. ‘n Hoofstorie en drie korter weergawes. Een waarvan nog nooit voorheen in eBoek-formaat verskyn het nie.

Annico poog altyd om nie ‘n eie styl te hê nie, maar om in die styl van my karakter se gedagtewêreld te probeer klim. In hierdie vier verhale word ondermeer twee helde en twee heldinne gebeeld: Lees en let op die verskil in karakterbeelding.

In die verhaal WATER OOR DIE KLIPPE word die ewig netelrige en dikwels tragiese tema betrek van liefde tussen ‘n jong man en heelwat ouer vrou. Lees hoe Nic, goddelik aantreklik en jonk hierdie emosie deurleef en oorleef.

JAKARANDABLOMMETJIE is in ‘n ligter trant geskryf. Tog, daar is Alet se hartroerende pogings om terug te betaal aan haar skuld teenoor haar ‘aanneem-mense’. Daar is ook die gelap aan haar flenter-selfbeeld. En eintlik is sy tog so verskriklik lief vir Jos…

GEDORIEWAAR is ‘n wiewassit sonder gelyke – ‘n verhaal sonder noemenswaardige polisie prosedure. Annico nooi alle leunstoelspeurders om dié hoogspannings speurverhaal te lees, te ontrafel, en selfvoldaan terug te sit – sou hulle kon raai wié. Die verhaal speel in die groot huis van die vooraanstaande Grovè’s af, waar Ena Grovè vermoor is. Die moordenaar word byna onmiddellik aangekeer. Door Horn glo nie dat die regte man verdink word nie. Het sy Gys dan nie nog altyd lief nie – kén sy hom nie! Gys sou mos nooit so ‘n veragtelike ding kon aanvang nie.

Sy besluit om self te gaan uitvind wie die ware moordenaar is. By die Grovè’s ontdek sy dat byna elkeen in hierdie disfunksionele familie die dominerende en uiters onaangename Ena kon vermoor het. Sy moet ook met ‘n skok besef dat van die ander familielede se lewens – sowel as  haar eie – nou boonop bedreig word. Lekker lees!

FEETJIE IN ‘N JêMBLIK is nuut op eBoeke. Ons held is bejaard en beswaard. Die verhaal is sy komiese belewenis van ‘n toekoms fiksie ervaring. ‘n Genotvolle leeservaring.

Daar wag ongelooflike leesgenot op die koop van hierdie eBoek.

Title:PROESELTJIES STORIELEKKERTE 3 (Voorheen Omnibus 3): 1 WATER OOR DIE KLIPPE 2 JAKARANDABLOMMETJIE 3…Format:Kobo ebookPublished:June 18, 2016Publisher:Annico van Vuuren

The following ISBNs are associated with this title:

ISBN:9990051931433

Look for similar items by category:

Reviews