Sandsteenkasteel by Felicia Goosen

Sandsteenkasteel

byFelicia Goosen

Kobo ebook | March 14, 2013

Pricing and Purchase Info

$6.56

Prices and offers may vary in store

Available for download

Not available in stores

about

“My planne is reeds agtermekaar. Ek gaan van Kingsberg ’n onvervreembare erfenis maak tot ná die vierde geslag. So sal ek sorg dat niemand hier afbreek wat ek opgebou het nie. Niemand sal hier iets kan doen wat die volgende geslagte benadeel nie.”
Voordat John Adams hierdie uitspraak maak, is Suid-Afrika die droomland met onbeperkte geleenthede. Hy emigreer van Engeland hierheen, word ’n skatryk diamantmagnaat en grondbaron. Hy werk die toekoms haarfyn uit vir sy kinders en die nageslagte wat moet kom. Sy vrou, Sarah, waarsku: “Kinders het nie kontrakte met hul ouers wat maak dat hulle nie kan wegbreek nie.”
So word elke karakter in hierdie aangrypende verhaal inderdaad ’n persoon met eie drome, eie ideale. Onherstelbare konflik volg, verhoudinge verbrokkel en drome word verpletter. Die Adams-familie word byna gedoem tot mislukking weens John se obsessie met welvaart en die behoud van Kingsberg vir die nageslag. Die massiewe sandsteenkasteel met sy 32 vertrekke word net so ’n belangrike “karakter” in die verhaal as die familielede. “Huise is soos mense, albei het ’n verlede. Albei moet leer om aan te pas by veranderde omstandighede.” Kingsberg se huis het nooit verander nie; dieselfde kan van die gesinslede gesê word: almal bly vasgevang in die web van die verlede.
Sandsteenkasteel is ’n aandoenlike maar ook kragtige verhaal. Dit is ’n kunstig gestruktureerde ontginning van die verlede: ’n boeiende stuk streeks- sowel as persoonlike geskiedenis wat in die Oos-Vrystaat afgespeel het.

Title:SandsteenkasteelFormat:Kobo ebookPublished:March 14, 2013Publisher:e-Boeke vir Afrika

The following ISBNs are associated with this title:

ISBN:9990006486346

Reviews