Verdrukking Voorsmaak by Klasie Coetsee

Verdrukking Voorsmaak

byKlasie Coetsee

Kobo ebook | February 20, 2013

Pricing and Purchase Info

$0.00

Prices and offers may vary in store

Available for download

Not available in stores

about

"Ek stem nie saam met jou nie. Al wie mag het oor my lewe is God. Net Hy kan besluit of Hy jou sal toelaat om my te vermoor of nie. Indien dit nie Sy wil is nie, kan jy probeer hoe ook al jy wil, maar jy sal my nooit kan doodmaak as dit nie die Vader in die Hemel se wil is nie." Johan sien net betyds hoe Ebrahim met 'n knuppel omhoog nader storm. Johan reageer en blok die hou met sy arms. Hy voel hoe die bene in sy linker voorarm breek. Onmiddelik is dit opgeswel en seer waar die knuppel hom tref.
“Ek gaan nie meer doekies omdraai nie. Vertel my waar die Christene bymekaar kom en al hierdie sal ophou."
Johan Malherbe weet dat hy eerder sal sterf as wat hy sy broers en susters verloën. Ebrahim Anwar se persoonlike Jihad is om die ondergrondse kerk in Suid-Afrika met wortel en al uit te wis. Nou  hang sy planne af van die inligting wat hy van die kamstige leier van die ondergrondse kerk moet kry.
Die enigste alternatiewe plan is om Johan se vrou se lewe te bedreig in die hoop dat sy na die ondergrondse skuilplek van die Christene sal vlug. Min weet Ebrahim Anwar dat Johan se vrou, Roxy, die hulp ingeroep het van 'n bobaas moord en roof speurder om haar man op te spoor. Piet Burger saam met sy rekenaarboffen broer het met bietjie moeite Ebrahim Anwar se verlede oopgevlek en is kort op sy spoor.
Johan weet dat hy moet ontsnap om sy vrou en mede Christene te waarsku terwyl Piet en Barry Burger warm op Ebrahim se spoor is.

Title:Verdrukking VoorsmaakFormat:Kobo ebookPublished:February 20, 2013Publisher:Kingdom Media Company

The following ISBNs are associated with this title:

ISBN:9990006421071

Reviews